Thursday, 20 October 2011

By God is alle dinge moontlik

"Maar Jesus het hulle aangekyk
en vir hulle gesé: By mense is
dit onmoontlik, maar by God
is alle dinge moontlik."
Matthéüs 19:26

Liewe Heer,
dankie dat ons na U kan gaan
met alles wat vir ons swaar is
op ons gemoed. Niks is by U
onmoontlik nie.
Amen.

Hy is aan my regterhand

"Ek het die Here altyddeur voor
my gesien, want Hy is aan my
regterhand, dat ek nie sou
wankel nie."
Handelinge 2:25

Liewe Heer,
dankie dat U altyddeur by
my is en keer dat ek nie
sal wankel nie.
Amen.

Gelowige en Bekommernis

Ek het laas jaar met my verjaarsdag ‘n wonderlike boek
by my niggie ontvang en wil graag dit met julle deel.
Die boek bestaan uit verskillende afdelings.
“Beloftes van God vir ‘n doelgerigte lewe”.
Ek het die boek seker al meer as 5 keer deurgelees.
Ek het elke aand net een hoofstukkie gelees,
en meeste van die kere het ek ‘n antwoord daarin
vir my worsteling van die dag gekry.
Die een hoofstuk handel oor bekommernis.
Kommer kan soos onkruid jou hart oorneem en ons verlam
en ons laat struikel. So erg dat ons alle rigting in die lewe verloor. God se booskap aan ‘n gelowige is,
dat ‘n persoon hom of haar nie moet bekommer nie,
selfs al word jy ter wille van jou getrouhoeid aan God, oorgelewer. Want in daardie oomblik sal die Vader jou die regte woorde gee
en sal Hy by jou staan en met jou wees.
Twee gedeeltes uit die Bybel wat aangehaal word,
spreek die aspek so mooi aan.
I Petrus 5:6 en 10
Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte
tyd.
EN mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus,
nadat ons ’n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig,
versterk en grondves!
Psalm 18:6, 7 en 17
Bande van die doderyk was rondom my;
strikke van die dood het my teëgekom.
Toe ek benoud was, het ek die HERE aangeroep,
en ek het tot my God geroep om hulp;
Hy het my stem uit sy paleis gehoor,
en my hulpgeroep voor Sy aangesig het in Sy ore gekom.
Hy het uit die hoogte Sy hand uitgestrek,
Hy het my gegryp, Hy het my uit groot waters
getrek.
~Gert du Toit~

Wat beteken die woord: "Amen"

Dit is weer ‘n nuwe week met nuwe uitdagings,
seëninge, voorspoed, versoekings, teleurstellings,
of wat ook al die geval kan wees.
Maar ons weet wat om te doen.
Ons nader ons Vader in gebed.
Maar besef ons wat ons sê, as ons die laaste woord spreek, naamlik “AMEN”
Wanneer ons die gebed afsluit en klaar tot ons Vader gebid het, bevestig ons dat dit wat ons gevra en bely het,
dat dit so sal wees.
Ja dat wat ek belowe het tot die Vader dat ek dit sal uitleef.
Dat ek opreg is en dat ek sal doen wat die Vader van my verlang.
So onthou wanneer ek die
“AMEN” sê,
dan sê ek vir die Vader, dat ek sal maak soos Hy van my verwag.
Ook weet ek dat wanneer ek “Amen” sê,
dat ek weet dat my gebed klaar verhoor is,
en dat ek klaar ontvang het, waarvoor ek gevra het.
‘n Gebed sonder geloof , beteken niks nie.
Geseënde week vir julle almal.
~Gert du Toit~

Wie en Wat is Satan?

Ons almal weet dat satan eers 'n Engel in die Paradys was
en wat deur God uitgegooi is.
Maar wie en wat in ons lewens is satan.
ONS EIE WIL!!!!!  
Dit is dus so belangrik dat ons ons eie wil moet afsterf
sodat ons God se Wil kan doen.
Ons eie wil en begeertes verhoed
dat ons God ten volle kan dien.
Die tweede antwoord op my vraag is 1 Sam 17 -
Dawid en Goliat.
Dawid was 'n herder wat skape opgepas het.
'n Baie nerderige jong man.
En dit is hoe ons moet wees. Nederig en nie vol van onsself nie.
Goliat is die mens se eie wil en begeertes. Ons satan.
Dawid het 5 klippies in die spruit gaan haal.
Wat beteken dit?
Hy het na sy owerste toe gegaan en oplossings vir sy
probleem gaan haal.
Hy het met een klippie Goliat verslaan.
Hy het dus een van die 5 oplossings gebruik om sy eie wil
te vernietig. Die klippie het Goliat se hoof
binnegedring.
Hoekom is Goliat se kop afgekap?
Wanneer ons ons eie wil en begeertes afsterf dan verwyder ons
ons gedagtes van dit af wat ons laat struikel.
Dit is dus belangrik dat ons elke dag sal strewe
om ons eie wil af te sterf en God se Wil sal soek.

~Gert du Toit~

Getuienis van Jacques

Op 13jr was ek dood van breinvliesontsteking,
en die ergste gehad en dit was te laat volgens
dokters toe hulle besef wat fout was.
Wonderbaarlik het ek weer wakker geword 
waar ek afgekyk het na myself in die suurstof tent.
Mense wat die breinvliesontsteking gehad het
het ook gewoonlik nagevolge soos verlamming,
doofheid, blindheid ensomeer.
Maar ek was net
so bietjie verlam aan die regterkant van my gesig.
Alle eer aan Jesus Christus.