Thursday, 20 October 2011

Gelowige en Bekommernis

Ek het laas jaar met my verjaarsdag ‘n wonderlike boek
by my niggie ontvang en wil graag dit met julle deel.
Die boek bestaan uit verskillende afdelings.
“Beloftes van God vir ‘n doelgerigte lewe”.
Ek het die boek seker al meer as 5 keer deurgelees.
Ek het elke aand net een hoofstukkie gelees,
en meeste van die kere het ek ‘n antwoord daarin
vir my worsteling van die dag gekry.
Die een hoofstuk handel oor bekommernis.
Kommer kan soos onkruid jou hart oorneem en ons verlam
en ons laat struikel. So erg dat ons alle rigting in die lewe verloor. God se booskap aan ‘n gelowige is,
dat ‘n persoon hom of haar nie moet bekommer nie,
selfs al word jy ter wille van jou getrouhoeid aan God, oorgelewer. Want in daardie oomblik sal die Vader jou die regte woorde gee
en sal Hy by jou staan en met jou wees.
Twee gedeeltes uit die Bybel wat aangehaal word,
spreek die aspek so mooi aan.
I Petrus 5:6 en 10
Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte
tyd.
EN mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus,
nadat ons ’n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig,
versterk en grondves!
Psalm 18:6, 7 en 17
Bande van die doderyk was rondom my;
strikke van die dood het my teëgekom.
Toe ek benoud was, het ek die HERE aangeroep,
en ek het tot my God geroep om hulp;
Hy het my stem uit sy paleis gehoor,
en my hulpgeroep voor Sy aangesig het in Sy ore gekom.
Hy het uit die hoogte Sy hand uitgestrek,
Hy het my gegryp, Hy het my uit groot waters
getrek.
~Gert du Toit~

No comments:

Post a Comment