Thursday, 20 October 2011

By God is alle dinge moontlik

"Maar Jesus het hulle aangekyk
en vir hulle gesé: By mense is
dit onmoontlik, maar by God
is alle dinge moontlik."
Matthéüs 19:26

Liewe Heer,
dankie dat ons na U kan gaan
met alles wat vir ons swaar is
op ons gemoed. Niks is by U
onmoontlik nie.
Amen.

Hy is aan my regterhand

"Ek het die Here altyddeur voor
my gesien, want Hy is aan my
regterhand, dat ek nie sou
wankel nie."
Handelinge 2:25

Liewe Heer,
dankie dat U altyddeur by
my is en keer dat ek nie
sal wankel nie.
Amen.

Gelowige en Bekommernis

Ek het laas jaar met my verjaarsdag ‘n wonderlike boek
by my niggie ontvang en wil graag dit met julle deel.
Die boek bestaan uit verskillende afdelings.
“Beloftes van God vir ‘n doelgerigte lewe”.
Ek het die boek seker al meer as 5 keer deurgelees.
Ek het elke aand net een hoofstukkie gelees,
en meeste van die kere het ek ‘n antwoord daarin
vir my worsteling van die dag gekry.
Die een hoofstuk handel oor bekommernis.
Kommer kan soos onkruid jou hart oorneem en ons verlam
en ons laat struikel. So erg dat ons alle rigting in die lewe verloor. God se booskap aan ‘n gelowige is,
dat ‘n persoon hom of haar nie moet bekommer nie,
selfs al word jy ter wille van jou getrouhoeid aan God, oorgelewer. Want in daardie oomblik sal die Vader jou die regte woorde gee
en sal Hy by jou staan en met jou wees.
Twee gedeeltes uit die Bybel wat aangehaal word,
spreek die aspek so mooi aan.
I Petrus 5:6 en 10
Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte
tyd.
EN mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus,
nadat ons ’n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig,
versterk en grondves!
Psalm 18:6, 7 en 17
Bande van die doderyk was rondom my;
strikke van die dood het my teëgekom.
Toe ek benoud was, het ek die HERE aangeroep,
en ek het tot my God geroep om hulp;
Hy het my stem uit sy paleis gehoor,
en my hulpgeroep voor Sy aangesig het in Sy ore gekom.
Hy het uit die hoogte Sy hand uitgestrek,
Hy het my gegryp, Hy het my uit groot waters
getrek.
~Gert du Toit~

Wat beteken die woord: "Amen"

Dit is weer ‘n nuwe week met nuwe uitdagings,
seëninge, voorspoed, versoekings, teleurstellings,
of wat ook al die geval kan wees.
Maar ons weet wat om te doen.
Ons nader ons Vader in gebed.
Maar besef ons wat ons sê, as ons die laaste woord spreek, naamlik “AMEN”
Wanneer ons die gebed afsluit en klaar tot ons Vader gebid het, bevestig ons dat dit wat ons gevra en bely het,
dat dit so sal wees.
Ja dat wat ek belowe het tot die Vader dat ek dit sal uitleef.
Dat ek opreg is en dat ek sal doen wat die Vader van my verlang.
So onthou wanneer ek die
“AMEN” sê,
dan sê ek vir die Vader, dat ek sal maak soos Hy van my verwag.
Ook weet ek dat wanneer ek “Amen” sê,
dat ek weet dat my gebed klaar verhoor is,
en dat ek klaar ontvang het, waarvoor ek gevra het.
‘n Gebed sonder geloof , beteken niks nie.
Geseënde week vir julle almal.
~Gert du Toit~

Wie en Wat is Satan?

Ons almal weet dat satan eers 'n Engel in die Paradys was
en wat deur God uitgegooi is.
Maar wie en wat in ons lewens is satan.
ONS EIE WIL!!!!!  
Dit is dus so belangrik dat ons ons eie wil moet afsterf
sodat ons God se Wil kan doen.
Ons eie wil en begeertes verhoed
dat ons God ten volle kan dien.
Die tweede antwoord op my vraag is 1 Sam 17 -
Dawid en Goliat.
Dawid was 'n herder wat skape opgepas het.
'n Baie nerderige jong man.
En dit is hoe ons moet wees. Nederig en nie vol van onsself nie.
Goliat is die mens se eie wil en begeertes. Ons satan.
Dawid het 5 klippies in die spruit gaan haal.
Wat beteken dit?
Hy het na sy owerste toe gegaan en oplossings vir sy
probleem gaan haal.
Hy het met een klippie Goliat verslaan.
Hy het dus een van die 5 oplossings gebruik om sy eie wil
te vernietig. Die klippie het Goliat se hoof
binnegedring.
Hoekom is Goliat se kop afgekap?
Wanneer ons ons eie wil en begeertes afsterf dan verwyder ons
ons gedagtes van dit af wat ons laat struikel.
Dit is dus belangrik dat ons elke dag sal strewe
om ons eie wil af te sterf en God se Wil sal soek.

~Gert du Toit~

Getuienis van Jacques

Op 13jr was ek dood van breinvliesontsteking,
en die ergste gehad en dit was te laat volgens
dokters toe hulle besef wat fout was.
Wonderbaarlik het ek weer wakker geword 
waar ek afgekyk het na myself in die suurstof tent.
Mense wat die breinvliesontsteking gehad het
het ook gewoonlik nagevolge soos verlamming,
doofheid, blindheid ensomeer.
Maar ek was net
so bietjie verlam aan die regterkant van my gesig.
Alle eer aan Jesus Christus.

What Shall I Do With Today

"This is the day the Lord has made;
let us rejoice and be glad in it."
Psalm 118:24
Every sunrise brings a choice.
We can choose to live in the light of God’s love and blessing,
or we can choose to crawl back under the covers and go it alone. We can choose to see each person around us
as difficult and cruel or we can choose to see each person
as someone that the Lord loves and has redeemed.
The choice is significant.

This is the day the Lord has made.
It was created for you to enjoy now.
This day is the one we have to live in and rejoice in.
When the sun goes down on this day,
will you have spent it in joy?
Will you be the reason someone else rejoiced today?
You are the light of the world and this is your day to shine.

A taste of the Light
Lord, as I walk in Your light, help me,
with Your love and compassion,
to bless each one that crosses my path.
Help me to keep choosing to see the good
in each person I encounter.

Glo en Vertrou My

Ons Skepper stap soos die seisoene
stil en saggies in ons lewe...
En sonder enige woorde
los Hy 'n stille boodskap wat sê...
"Glo en Vertrou My,
Bid en Vra My,
Want waar ander nie kan nie,
Kan Ek!"
 

Vertrou op God

Hy wat die blom in 'n krakie
op 'n groot berg voed,
waar géén mens se hand kan bykom nie,
Hy sal jou siel met sagte doudruppels
uit die Hemel voed.
Vertrou op God en gee alles in Sy hand,

daar waar mense-hande nie
kan uitreik nie,
daar kan Hy.

Gister, Vandag en More

"Gister"
was God met jou,
"Vandag"
 was jy onder Sy sorg,
Moenie bekommer oor
"More"
Want God is alreeds daar.
 Mag God se genade
met jou wees.

I asked God

I asked God,
"how do I get the best out of life?"
God said:
"Face your past without regrets.
Handle your present with confidence and
prepare for the future without fear!!!
Time is like a river,
you cannot touch the same water twice,
because the flow that has passed
will never pass again..."
Receive God's goodness,
mercy and never ending love.
Blessings

Saturday, 8 October 2011

Gehoorsame Abraham

Vanoggend gaan die stukkie deur my gedagtes: Gen.22.
Abraham moes sy seun offer en hy was sterk van plan,
hy was gehoorsaam aan God. God het hom gekeer en eerder
vir hom 'n ram gegee in die plek van sy seun.
God sal voorsien, Hy doen altyd! Maar hoe voorsien God?
Is dit nie deurmiddel van ons gehoorsaamheid aan God,
dat ons iets vir iemand moet gee en moet doen nie?
Luister na God en wees gehoorsaam aan Hom,
want deur jou hande wat gee,
voorsien God in ander se behoeftes en nood.

God wil vandag vir jou sê

God wil vandag vir jou sê:
"My kind, Ek is die kalmte van die see,
Ek is die lafenis vir jou siel,
Ek is die Rots in jou lewe,
Ek is die begin van jou hart.
Wees gerus, want Ek het jou lief.
Ek is in beheer van alles."

Dankie liewe Vader,
dat U altyd met ons is.
Amen.

Getuienis van Ester

My jongste seun het 'n probleem met sy brein gehad as baba.
Dit het gekrimp en op 2 jaar kon hy nie loop of praat nie.
Ek was by die neurochirurg met hom en na vele toetse het
hulle vir my gesê dat sy mylpale eers op 5 jaar gaan begin
inhaal met sy maats. Ek het vir hom laat bid en dit was nie
eers 'n maand daarna nie, toe kon my kind
HARDLOOP, SING, VERSIES OPSê
en alles wat sy maatjies van sy ouderdom kon doen.
Graad 1 was hy sy maats vooruit met lees en sy juffrou het
vir hom ekstra boekies, ens gegee om hom besig te hou.
Hy is deur matriek en tans besig om te studeer deur die universiteit. Dis die GOD wat ek dien en ek het HOM lief met my hele hart.
Dit is maar een van die wonderwerke wat Jesus
in my lewe gedoen het.
Jesus, U is die BESTE!

Mag God saam jou stap

Mag God saam met jou stap vandag,
mag Hy jou lei in elke tree wat jy gee,
mag Hy jou waarsku teen elke verkeerde
besluit wat jy neem,
mag Hy jou dra waar jy nie kan loop nie,
en jou omvou met Sy liefde en genade.

Vrede

"Vrede laat ek vir julle na, my vrede gee
Ek aan julle; nie soos die wêreld gee,
gee Ek aan julle nie. Laat julle
hart nie ontsteld word en bang wees nie."
Joh.15:27.
Geniet 'n wonderlike dag in die Vrede van
ons liewe Vader, wat Hy aan ons gegee het.

Julle het gesterwe

"Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.
Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus
verborge in God."
Kolossense 3:2-3.
Liewe Heer,
dankie vir 'n ewige lewe saam met U.
Amen.

Verlossing uit Genade

Efesiers 2 spreek die verlossing uit genade baie mooi aan. Ons was almal eers dood gewees deur die misdade en sondes. Ons het in die wêreld gewandel volgens die loop van die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk. Ons was almal deel van daardie wêreld. Ons was meer bekommerd gewees oor die begeerlikhede van die vlees. Maar deur God se genade het Hy ons tot ander insigte gebring. Ons was van nature kinders van die toorn.
God is ryk aan barmhartigheid want Hy het ons lief. 'n Liefde wat die mens nog nie kan verstaan nie. Toe ons dood was deur die misdade het Hy ons lewend gemaak saam met Christus, en ons uit genade gered, en ons opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus.
"Want uit genade is julle gered, en dit nie uit julleself nie; dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie."
God stel dit duidelik dat ons nie vandag tot hierdie roeping gekom het, omdat ons beter of sterker as ander is nie. As dit nie vir God se genade was nie, was nie een van ons vandag hier om te kan getuig en God se Woord uit te dra nie. As mens het ons geen roem in die werk van die Vader nie. Dus is dit belangrik dat ons nie groot koppe moet kry en dink ons is bo ander verhewe nie. Ons moet nederig bly, en nie hoogmoedig word nie. Ons moet ook nie God en Sy Woord gebruik vir geldelike gewin nie. Dit is verseker nie waaroor Sy Woord gaan nie.
Kom ons wees opreg dankbaar en prys die Vader vir Sy genade.

Strek uit

"Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is
en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel
om die prys te verkry van die hoë roeping van
God in Christus Jesus."
Filippense 3:14

Liewe Heer,
laat ek die verlede agter laat.
Hou my oë gevestig op dit wat voor is
waarvoor U my geroep het.
Amen.

Soek die Here

"Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is;
roep Hom aan terwyl Hy naby is.
Laat die goddelose sy weg verlaat
en die kwaaddoener sy gedagtes;
en laat hy hom tot die Here bekeer,
dan sal Hy hom barmhartig wees;
en tot onse God, want Hy vergeef
menigvuldiglik."
Jesaja 55:6-7.

Rede om te glimlag

Elke more as ek wakker word begin ek met danksegging,
Dis deur God se groot genade wat ek my oë kan oopmaak
en sien, my mond kan oopmaak en praat, met goeie gehoor
die voëltjies kan hoor fluit en sing, met diep waardering
aan God kan ek my handjies vou in gebed,
my knieggies buig voor my Vader en saam met Hom
die dag instap met vreugde in my hart.
'n Mooi geseënde daggie vir almal,
Jesus het gesorg dat daar iets is vir elkeen om oor te glimlag.

By God is alles moontlik

"Maar Jesus het hulle aangekyk
en vir hulle gesé: By mense is
dit onmoontlik, maar by God
is alle dinge moontlik."
Matthéüs 19:26

Liewe Heer,
dankie dat ons na U kan gaan
met alles wat vir ons swaar is
op ons gemoed. Niks is by U
onmoontlik nie.
Amen.

Die Here is met jou

"Ek het die Here altyddeur voor
my gesien, want Hy is aan my
regterhand, dat ek nie sou
wankel nie."
Handelinge 2:25

Liewe Heer,
dankie dat U altyddeur by
my is en keer dat ek nie
sal wankel nie.
Amen.

Jy is God se kind

Mag jy skerper as die son kom Skyn vandag.
Mag die Here jou met Sy uitrusting kom beklee.
Wanneer jy Hom loof en prys,
dat jy gelyk sal staan saam met die Engele.
Wanneer jy jou mond oopmaak,
dat die klanke so sal wees dat almal net om jou wil hang.
Mag almal wat jou sien, Weet jy is God se kind!

Ek gee jou Jesus

Vandag wil ek alles met jou deel,
Ek wil vir jou blomme gee, maar dit verlep.
Ek wil vir jou 'n drukkie gee, maar jy is te ver.
Ek wil vir jou 'n kaartjie gee, maar die pos vat te lank.
Ek wil saam jou 'n daggie deel, maar die tyd is te min.
Nou kom deel ek maar eerder Jesus met jou,
geen blom verlep in Sy tuin nie, jy is nooit te ver van Hom af nie,
Hy vat nooit te lank nie, en Hy het altyd tyd om aan jou te bestee.
Bewaar Jesus vandag en elke dag in jou hart.

Use Me

When I look at my hands, I see so many things they have done.
I used it everywhere my whole life through.
But I'm missing something special and something new...
So I talked to Jesus and said:
...
"Jesus, with this hands I prayed to You"
Jesus answer: "Yes, I know"
I said: "Jesus, with this hands I worshipped You"
Jesus answer: "Yes, I know"
I said: "Jesus, I used my hands for everything but still missing something!"
Jesus smiled and said: "Yes I know"
I opend my hands before my eyes and saw my hands are still empty and nothing to do...
I said: "Jesus, You know everything, please tell me what is missing?"
Jesus answered: "My dear child, with your hands we can do everything touchable, so I need more than your hands."
I said: "Jesus, You have my hands and taught me to pray, You have my feet and taught me to follow You."
Jesus said: "Thats right, but still you missing something. I don't need your hands, I don't need your feet, I need you! Without your hands and feet you still can do what I want you to do. So my child, dont give Me part of you, give Me the 'Whole you".
Ronél Jv Rensburg.

Getuienis van Leon.


Ongeveer in die jaar 2000 is ons genooi deur my stief seun om die more saam hulle kerk toe te gaan.Dit was nie ons normale gemeente nie en ook nie syne nie,heeltemal 'n kerk wat ons beide die eerste keer besoek.'n Mens voel dan mos so half eenkant asof almal vir jou kyk.Tydens die diens het die pastoor ophou preek,in die rigting gekyk waar ons gesit het,met sy hand gewys en gese,hy voel hier aan sy linkerkant sit daar 'n persoon met baie pyn in sy elmboog...dit was ek maar was skaam om op te staan en doodstil bly sit...ek wil vir jou bid ...genesing oor my uitgespreek en aangegaan met die preek.(" .... die besering het ek opgedoen en dokters het my op 2 geleenthede kortisoon inspuitings gegee,maar na 3 maande was die pyn maar terug en het dokter gese dis maar my lot vir die res van my lewe...tennis elmboog het hy gesê. ..." ).Ongeveer 'n week later sit ons met mense en praat oor die voorval in die kerk en op daai oomblik besef ek dat ek glad nie meer pyn en ongemak in my elmboog het net nie...en PRYS DIE HERE TOT VANDAG WAAR EK HIER TIK IS DIE PYN NOGSTEEDS WEG.DANKIE ONS GROOT EN ALMAGTIGE KONING