Efesiers 2 spreek die verlossing uit genade baie mooi aan. Ons was almal eers dood gewees deur die misdade en sondes. Ons het in die wêreld gewandel volgens die loop van die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk. Ons was almal deel van daardie wêreld. Ons was meer bekommerd gewees oor die begeerlikhede van die vlees. Maar deur God se genade het Hy ons tot ander insigte gebring. Ons was van nature kinders van die toorn.
God is ryk aan barmhartigheid want Hy het ons lief. 'n Liefde wat die mens nog nie kan verstaan nie. Toe ons dood was deur die misdade het Hy ons lewend gemaak saam met Christus, en ons uit genade gered, en ons opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus.
"Want uit genade is julle gered, en dit nie uit julleself nie; dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie."
God stel dit duidelik dat ons nie vandag tot hierdie roeping gekom het, omdat ons beter of sterker as ander is nie. As dit nie vir God se genade was nie, was nie een van ons vandag hier om te kan getuig en God se Woord uit te dra nie. As mens het ons geen roem in die werk van die Vader nie. Dus is dit belangrik dat ons nie groot koppe moet kry en dink ons is bo ander verhewe nie. Ons moet nederig bly, en nie hoogmoedig word nie. Ons moet ook nie God en Sy Woord gebruik vir geldelike gewin nie. Dit is verseker nie waaroor Sy Woord gaan nie.
Kom ons wees opreg dankbaar en prys die Vader vir Sy genade.

No comments:
Post a Comment